Category: Hennenman Hoërskool

Graad 8 leerder van HS Hennenman presteer tydens SANESA kampioenskappe

Monique de Villiers, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Hennenman het aan die SANESA Vrystaatkampioenskappe in die afdeling Showjumping 60cm deelgeneem. Sy het tydens die eerste been van die kompetisie ‘n eerste plek in die Showjumping 60cm behaal. Tydens die tweede been behaal sy ‘n tweede plek en tydens die derde been twee eerste plekke. Sy gaan gedurende Augustus aan die vierde been deelneem. Monique word afgerig deur Erica Smit....

Read More

Megan Meyer van HS Hennenman presteer tydens SANESA Vrystaatkampioenskappe

Megan Meyer, ‘n graad 10-leerder van Hoërskool Hennenman en haar perd, Little Brother het aan die SANESA Vrystaatkampioenskappe deelgeneem. Sy het tydens die tweede been van die kompetisie twee eerste plekke in die Showjumping 1m, ‘n tweede plek in die Working Hunter 90cm en derde plek in Equitation 1m behaal. Tydens die derde been behaal sy weer twee eerste plekke in die Showjumping 1m, ‘n eerste plek in die Working Hunter 90cm en ‘n vierdie plek in Equitation 1m. Sy het reeds in al drie hierdie afdelings vir die Vrystaatspan wat in Oktober aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gaan deelneem,...

Read More

Nadine Ferreira van HS Hennenman neem deel aan Free State Dance Awards

Nadine Ferreira, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Hennenman het aan die Free State Dance Awards in die ouderdomsgroep 17 – 19 jaar deelgeneem. Sy behaal 89% in Klopdanse (Tap), ontvang ‘n goue sertifikaat en word algeheel derde geplaas. Sy behaal 95% in Hip-Hop, ontvang ‘n goue sertifikaat en word algeheel tweede geplaas. Sy het ook haar AIDTA Tap Silver Higher-eksamen afgelê en 90%+ behaal om sodoende haar eksamen met lof en onderskeiding te slaag....

Read More

Leerder van Hoërskool Hennenman behaal goud

Madelize Marais, ‘n graad 11-leerder van Hoërskool Hennenman het aan die Goudveld-Hoërskool Afrikaanse Taal- en Kunstefees deelgeneem. Sy het goud (80%) vir beide haar klavierstukke uit die Barok – en Klassieke tydperk behaal.  Sy het ‘n week voor die Kunstefees haar UNISA gr. VI praktiese eksamen afgelê en met eervolle vermelding geslaag....

Read More

Categories

Lets talk/ Kom ons gesels