Dit is weer tyd vir die THEPA TRADING o.19-NETBAL STREEKTOERNOOI! Vanjaar vind dit weer in samewerking met VKB plaas. Hierdie toernooi vind in 2016 vir die vyfde jaar plaas en wel van 12 – 15 Julie 2016 te Hoërskool Hennenman. Streekspanne uit Lejweleputswa, Xhariep Platteland, Oos-Vrystaat en Fezile Dabi gaan mekaar die stryd aansê om as wenner van hierdie toernooi gekroon te word.

Netbal van hoogstaande gehalte is by die vorige drie toernooie gelewer en in 2015 was Lejweleputswa Tigers die wenners van die toernooi. Die Fezile Dabi Kiewiete was die naaswenners en het ook die aanskoulikste netbal van die toernooi gespeel. Die Lejweleputswa Patryse is aangewys as die span met die beste gees.

Die doel van die toernooi is om spelers in streekspanne die geleentheid te bied om in spanverband, hoër as skoolvlak, kompeterend in ‘n toernooiformaat deel te neem.  Die toernooi is goedgekeur deur Suid-Afrika Skole Netbal (SASN) en vind onder die vaandel van Vrystaat Skole Netbal (FSSN) plaas.

HSH THEPA TRADING NETBAL                HSH THEPA TRADING NETBALTOERNOOI

Die formaat van hierdie jaar se toernooi is dat alle spanne teen mekaar speel om die rangorde te bepaal. Op die laaste dag sal spanne teen mekaar uitspeel om die finale posisies van die toernooi te bepaal.

Wedstryde sal daagliks om 08:30 begin. Toegang is R10 per voertuig plus R10 per persoon. Heerlike verversings sal ook verkoop word.

Vir enige verdere navrae, kontak Nico Pretorius (skoolhoof van Hoërskool Hennenman) by 082 309 1350 of 057 573 1130 of stuur ‘n e-pos na hsh@hsh.co.za

Kom geniet aanskoulike netbal van hoogstaande gehalte!