Tien seuns van Hoërskool Hennenman is ingesluit in Sandveld rugbyspanne en gaan hulle streek tydens die vakansie op verskillende nasionale weke verteenwoordig. Hulle is agter v.l.n.r.: Hanno Serfontein (o.16), Kamohelo Mahloko (o.16), Daniël Nkopane (o.19), Albé Venter (o.19), Dewald Hamman (o.16) en Armand vd Walt (o.19). Voor v.l.n.r. is CJ Meyer (o.16), Andrew Tolmay (o.16) en Michael Lombard (o.16).  Stefan Diniso is ook ingesluit in die o.19-span maar was afwesig tydens die neem van die foto.